Bruid: Sonmari Steyn
Bruidegom: Dyllan Steyn
Liefdesverhaal: Sonmari en Dyllan het op skool ontmoet. Die skool het ‘n toneel opgesit en Sonmari was as hoofkarakter aangewys en Dyllan een van die dansers. Na skool het Sonmari begin swot by die Universiteit van Witwatersrand en Dyllan (Almal noem hom Steyn) het dadelik begin werk. Sonmari is tans ‘n onderwyseres by ‘n plaaslike laerskool in Alberton, sy is ook besig
met haar nagraadse studies in sielkunde deeltyds te voltooi by die Universiteit van Witwatersrand. Dyllan is ‘n beroeps gesondheid en veiligheid bestuurder.Hulle werk baie hard deur die jaar en is mal daaroor om die wereld saam te toer. Hulle was al in Bali en Zanzibar. Hulle wittebroodsreis was in Thailand en Singapore.Hulle beoog om weer die jaar iewers nuut te gaan. Hulle hardloop ook saam halfmaratonne om fiks en gesond te bly.
Spesiale oomblik van troudag: Steyn en Sonmari het hulle eie geloftes geskryf en dalk vir ‘n oomblik te lank gesoen toe hulle as man en vrou deur Wessel hul trou beampte verklaar is. By die onthaal het elke gas ‘n handgeskrewe brief ontvang van Steyn en Sonmari om hul te bedank. Die joluit was op die kop 12uur (nes Cinderella) afgesluit deur vuurwerke in die vorm van hand vonkels. Hulle hond Zara het die heeldag saam gevier.
Onthaalplek: The Oysterbox Hotel
Dorp/Stad: Umhlanga
Beskryf die troue in drie woorde: Liefdevol, Vreugdevol, Propvol
Troudatum: 20/12/2023
Fotograaf: Hanri Human