Stephanie van Dyk



Bruid: Stephanie van Dyk



Bruidegom: Johannes van Dyk



Liefdesverhaal: Johannes is sy hele lewe lank nog in die Kaap, skool, swot en werk. Ek kom van ‘n piepklein dorpie in die Oos-Kaap (Dordrecht) af en het my voete kom vestig in die Kaap in 2017. Twee jaar het verby gegaan waar ons in dieselfde kerk was, hy aan die een kant gesit en ek aan die ander kant en ons paaie het net nooit gekruis nie. Ons het uiteindelik mekaar se oe gevang en dadelik begin saam kuier en was toe gekys in 2019. Ek het lank gebid vir my man en in my oe was hy deur God gestuur in my lewe op Sy perfekte tyd. Na vier jaar, waar ons mekaar in diepte leer ken het, het hy my voete onder my uitgeslaan. Ons het die oggend vroeg vir ‘n stap en piekniek in Sun City gegaan het en hy my op sy kniee gevra het om sy vrou te word. Dit was perfek.



Spesiale oomblik van troudag: Wow, wat ‘n feesviering en vreugdevolle dag! Toe ek my bruidegom by die kansel sien, en hy pik ‘n traantjie. Dit was’n once in a life time. Ons sabrage met die canapes, ‘live’ musiek in die agtergrond en pragtige Paarl berge. Heildronke: ons families het opgeeindig om na elke heildronk op te staan en mekaar te ‘cheers’ aan die teenoorgestelde kant van die saal. Ons gaste was alles, Gees en eg.



Onthaalplek: Kronenburg



Dorp/Stad: Paarl/Wellington



Beskryf die troue in drie woorde: JOY, Heilig, Feesviering



Troudatum: 09/03/2024



Fotograaf: Jessie de Bruin



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media