Suné Boshoff



Bruid: Suné Boshoff



Bruidegom: Marnus Boshoff



Liefdesverhaal: Ons liefdesverhaal het begin in Julie 2018. Ek en my man, Marnus, het saam klas gedraf op Kovsies. Ek het ‘n saamry geleentheid gesoek vir ons kerk se aanddiens. Die vriend saam wie ek gewoonlik ry kon daardie aand nie kerk toe gaan nie en stel toe voor dat ek vir Marnus vra. Marnus het ingestem en ons is toe saam kerk toe. Hy het na die diens my weer by die koshuis gaan aflaai. ‘n Uur later verras hy my met ‘n Frappé in die hand en ‘n vraag of ek saam hom na sy koshuis formeel toe sal gaan. Die volgende Saterdag is ek saam hom na die formeel toe met geen verwagting dat daar iets meer as vriendskap hiervan gaan kom nie, maar teen die einde van die aand het my hart ‘n ander deuntjie gespeel. Teen 15 November 2018 het hy my gevra om sy meisie te wees, met ‘n romantiese ete in die tuin.



Spesiale oomblik van troudag: Van die oomblikke wat uitstaan is ons “first touch” voor die seremonie, waar ons net vir ‘n oomblik voor al die opwinding kon stil raak, met God praat en ons “vows” met mekaar deel. Ons seremonie was net só spesiaal. My skoonma het ons verras met ‘n “personalized” liedjie van Riana Nel, wat ons hele liefdesverhaal so mooi vertel. Daar was natuurlik net trane in almal se oë toe hierdie lied speel.



Onthaalplek: Pepper Tree Venue & Guest House



Dorp/Stad: Bloemfontein



Beskryf die troue in drie woorde: God-gesentreerd, Romanties, Onvergeetlik



Troudatum: 26/04/2023



Fotograaf: Leani Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media