Suretha Oosthuizen



Bruid: Suretha Oosthuizen



Bruidegom: Wian Oosthuizen



Liefdesverhaal: Ek en Wian het deur n mutual friend ontmoet op universiteit. Eers wou ons niks met mekaar te doen gehad het nie, eerlik.. ons het mekaar grensloos irriteer. Op my 21ste het hy vir my gesê ek gaan eendag met jou trou. Ek het in sy gesig gelag en gesê: ‘In jou wildste drome.’ Soos tyd aangegaan het, het ons mekaar leer ken en verstaan as vriende, hy het ook met tyd meer moeite begin doen, hy was altyd daar sonder dat ek gevra het. Hy het my gereeld gevat om picnic onder die sterre te hou en so het ek my hart begin verloor. Ja ek weet ek is maar hardkoppig en wou niks weet nie.
Met ons verlowing het hy kersies gevat en padlangs gepak tot onder n boom met nog n picnic reg langs Harties se dam.
So het ek met die man getrou wat sy skoene deurgeloop het agter my aan en sy wildste drome bewaarheid



Spesiale oomblik van troudag: Die oomblik toe my Pa my hand vir die laaste keer vasgehou het, die paadjie af tot by die kansel om ons te groet en geluk te wens op ons eie hoofstuk.
Ons eerste dans, ons was so op ons senuwees ons het alles vergeet wat ons geoefen het en op die ou einde net saam met die liedjie gesing.



Onthaalplek: Bergvallei Estates



Dorp/Stad: Muldersdrift



Beskryf die troue in drie woorde: Droomdag, Intiem, Samesyn



Troudatum: 20/05/2023



Fotograaf: Hilda Mans



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media