Tené Theron



Bruid: Tené Theron



Bruidegom: Reybarst Theron



Liefdesverhaal: Ek en Reynardt het in 2015 in graad 11 begin uitgaan, na skool het ons besluit om paadjies te skei, sodat beide van ons ons eie rigtings kan gaan en nuwe dingen kan beleef, maar het op die ou eind elke dag steeds oor die foon gepraat, en weer in 2018 besluit om weer te “keis”. Van Skool af was hy nog altyd my eerste en grootste liefde. Ek het nie een oomblik gestres nie, want hy is die man wat my lief het, meer as wat ek myself ooit kan lief hê.



Spesiale oomblik van troudag: Die canapés was ongelooflik lekker. Daar was ‘n marimba band, en ons het besluit om ‘n first look te doen voor die seremonie, so ons het genoeg tyd vir foto’s voor die troue gehad om dan genoeg tyd saam ons vaste te kuier! Ons het ‘n pizza truck gehad, wat dit interessant gemaak het vir die gaste, omdat hul self kon pizza bestel.



Onthaalplek: The One Heaven and Earth



Dorp/Stad: Caledon (Hemel en Aarde Vallei)



Beskryf die troue in drie woorde: Stres-vry, Droomtroue, Idillies



Troudatum: 04/11/2023



Fotograaf: @embersandenvelopes (Sean Bennets)



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media