Zanké Lötter



Bruid: Zanké Lötter



Bruidegom: Andries Lötter



Liefdesverhaal: Amper ‘n maand voor ek die liefde van my lewe ontmoet het, het ek ‘n boek begin skryf. Min wetend dat dit ons verhaal sou vertel. Ek het geskryf oor alles wat ek dink en voel en hoe ek vir die Here bid om die regte man oor my pad te stuur. Terselfdertyd dat Hy my vir hom ook moet voorberei dat ek die regte vrou vir hom kan wees.
Ek en Andries het van mekaar geweet deur ‘n mutual vriendin. Hy het my nie gevra vir koffie nie, maar gesê dat ons gaan koffie kry. Baie glad met die mond! Baie op my senuwees op pad mall toe om hom vir koffie te ontmoet is ek so op my senuwees, gaan ek hom herken omdat almal nog maskers dra ens.
Hier stop ek reg oorkant die man en ons sit en kyk na mekaar en begin net lag. Net daar het ons altwee geweet en alles het net perfek inmekaar geval!



Spesiale oomblik van troudag: Ons het nog nooit so baie makietie en ons so gate uit geniet nie! Ons fotograaf het ons weggesteel weg van almal af vir ‘n geheime photoshoot op die plaas waar ek en my man net in mekaar se oë kon staar en mekaar en die oomblik geniet. Hoe spesiaal! Ons was omring met soveel liefde van ons familie en vriende en my broer het selfs vir ons gesing om die oomblik te vier en vas te vang.



Onthaalplek: Dennehof Plaas



Dorp/Stad: Villiersdorp



Beskryf die troue in drie woorde: Liefde, Sprokiesverhaal, Samesyn



Troudatum: 06/05/2023



Fotograaf: Etienne Botha



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media