Reëls

SARIE Bruidspaar van die Jaar: Hier’s jou reëls

Die sluitingsdatum vir die Bruidspaar van die Jaar-inskrywings is 30 Augustus om 23:59. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die wenpaar word in ’n latere uitgawe van SARIE bekend gemaak. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Inskrywings moet sover moontlik volgens aanwysings op BRUIDSPAAR.SARIE.com gedoen word. Geen posinskrywings sal oorweeg word nie.

Paartjies wat tussen 1 Maart 2023 & 28 Februarie 2024 in Suid-Afrika getroud is en SA burgers is, mag inskryf.

Inskrywings en foto’s word die eiendom van SARIE. Alle foto’s mag in SARIE en SARIE BRUID, op SARIE.com en BRUIDSPAAR.SARIE.com en op diskresie van DIE REDAKTEUR gepubliseer word.

Paartjies wat nie meer getroud is wanneer die finale keuse gemaak word nie, word gediskwalifiseer. As die huwelik verbrokkel voordat die paartjie die pryse gebruik, sal hulle dit verbeur en die pryse sal aan ander deelnemers gegee word.
Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem of verfilm te word vir ander mediadoeleindes wat aan hierdie wedstryd gekoppel is.

Vyf finaliste word gekies: Die beoordelaars kies vier, en die SARIE-lesers kies een deur op bruidspaar.sarie.com te stem.

SARIE-lesers kan vir hul gunstelingpaartjie vanaf 1 Junie tot 30 Augustus 2024 stem. Die top-5-finaliste sal op SARIE.com aangekondig en deur e-pos in kennis gestel word. ’n Maksimum van een stem per kieser per dag word toegelaat.