Wedstrydreëls

1. Die sluitingsdatum vir die Bruidspaar van die Jaar-inskrywings is 29 Februarie 2020 om 23:59. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die wenner word in ’n latere uitgawe van SARIE bekend gemaak. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

2. Inskrywings moet sover moontlik volgens aanwysings op BRUIDSPAAR.SARIE.com gedoen word. Geen posinskrywings sal oorweeg word nie.

3. Paartjies wat tussen 1 Februarie 2019 en 29 Februarie 2020 in Suid-Afrika trou (1 Februarie 2019 en 29 Februarie 2020 ingesluit) en SA burgers is, mag inskryf. 4. Inskrywings en foto’s word die eiendom van SARIE BRUID. Alle foto’s mag in SARIE, SARIE BRUID en op diskresie van DIE REDAKTEUR gepubliseer word.

5. Paartjies wat nie meer getroud is wanneer die finale keuse gemaak word nie, word gediskwalifiseer. As die huwelik verbrokkel voordat die paartjie die pryse gebruik, sal hulle dit verbeur en die pryse sal aan ander deelnemers gegee word.

6. Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem of verfilm te word vir ander mediadoeleindes wat aan hierdie wedstryd gekoppel is.